Glasgow School of Art

Die weskant van die gebou

Die Glasgow School of Art (GSA) is Skotland se enigste openbare selfbestuurde kunsskool wat akademiese opleiding op universiteitsvlak aanbied en navorsing oor argitektuur, skone kunste en ontwerpkuns doen. Die GSA word in verskeie geboue in die middestad van Glasgow gehuisves. Sy oorspronklike hoofgebou, die Mackintosh Building, wat na sy ontwerper en argitek Charles Rennie Mackintosh genoem is en as sy meesterwerk beskou word, was een van die ikoniese bakens van Skotland se weskusmetropool voordat dit deur twee brande in Mei 2014 en Junie 2018 vernietig is.

Terwyl die Mackintosh-gebou met Charles Rennie Mackintosh se innovatiewe werk gedurende die laat 1890's en vroeë 1900's verbind word, strek die kunsskool se oorspronge verder terug tot die middel van die 19de eeu. Dit is amptelik in Januarie 1845 gevestig as Glasgow se Government School of Design.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search